Goeiedag.
Tema: Luiaard
Individue verskil in karakter soos hul opvoeding verskil. Ryk en arm groot word het ‘n invloed op die vorming van die karakter. Sommige leer werk ander nie. Dit neem ‘n wonderwerk om ‘n mens se karakter te verander na een waarvan die Woord die fondament is. So karakter word gekenmerk deur ywer om alles wat jy doen tot eer van God te doen. Dit is onnodig om te sê. God word nie verheerlik in luiheid nie. Uit Psalm 104 en ander plekke is dit duidelik dat God aktief besig is, HY werk ook en is nie traag nie. Hoe kan ‘n mens wat kleim om ‘n kind van God wees, dan traag en lui wees. Want die Woord diskwalifiseer so ‘n mens:
SPREUKE 18:9 AFR53
[9] Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.
Gedrag eie aan luiheid: Vreesagtig;
SPREUKE 26:13-16 AFR53
[13] Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu op die pad, ‘n leeu op die pleine.
Stel uit:
[14] ‘n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
Ongemotiveerd en gebruik nie geleenthede nie.
[15] Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
Eie wys
[16] Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
Om effektief en vrugtevol te leef raak nie net een aspek van die lewe nie. Die lewe is multi dimensioneel en vereis ‘n gebalanseerde werks etiek op alle vlakke. Areas soos emosioneel, werk, geestelik, sosiaal, huwelik, ens. Hulle wat lui is verooraak ellende vir afhanklikes wat in gebrek leef as gevolg van die vrugte van hul luiheid. Nou ‘n vraag om oor te dink: As jou kind kos steel omdat hy honger is deurdat jy nie voorsien nie:
Wie se sonde is dit, joune of syne?
Hierdie gebeure kan deur getrek word tot alle gevalle. Daar is ‘n Skrif wat leiding gee aan ons denke:
I PETRUS 3:7 AFR53
[7] Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
As ‘n ander lei deur jou optrede, dink jy God hoor jou gebede?
Genade en Vrede vir jou.
David