Goeiedag.
Tema: In-mengers
Mense is altyd nuuskierig oor wat in ander se lewe gebeur. Daarom is Sepie reekse gewild op TV. Wanneer ander mense jou Sepie word, begin skinder en inmenging. Dit is wanneer ‘n storie ‘n stertjie kry en ‘n leuen oor ‘n persoon gebore word. Die volgende verse beskryf voorbeelde van inmenging in ander se lewe:
SPREUKE 26:17-22 AFR53
[17] Hy wat ‘n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ‘n twis wat hom nie aangaan nie.
Hierdie een is ‘n versoeking vir alle ouers waarvan die kinders getroud is. Die inmenging van ouers bring die liewe skoon-ma situasie voort. Dikwels word jong getroudes se aanpassing nog moeiliker gemaak deur skoon ouers wat hul nie goed genoeg reken nie.
[18] Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, [19] so is die man wat sy naaste bedrieg en sĂȘ: Ek speel sommer.
Almal ken bogenoemde uitdrukking wat dikwels gebruik word as ‘n verskoning vir afknou. Verbale en emosionele verkleinering is meestal erger, die fisiese geval. Dit laat soms diep emosionele wonde wat ‘n leeftyd vat om te herstel.
[20] Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
Kwaadstokery kan baie subtiel wees en die saad saai van onenigheid. Enige lering, kurses, storie, ens wat die lewe voorstel as perfek en nie realisties is nie skep onhaalbare verwagtinge. Dit saai die saad van onvergenoegdheid wat mense uitmekaar dryf.
[21] Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits.
Die lewe is vol bedekte aggresiewe mense wat behae daarin vind om ander teen mekaar op te maak. Dit is hulle wat ‘n ander se foute en swakhede opblaas buite verhouding.
[22] Die woorde van ‘n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
Almal loop een of ander tyd deur onder sulke bose mense. Dit bring skade, woede en verwensing voort by die slagoffers. Elke mens hanteer so saak seker maar volgens sy omstandighede en geaardheid. Hoe hanteer jy so n saak?
Genade en Vrede vir jou.
David