Noag
Goeiedag.
Tema: Bemoediging
GÉNESIS 6:9 AFR53
[9] Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.
Noag het in ‘n tyd geleef waarin geweld in die wereld geseevier het. Dit was die tyd van die reuse, kinders van die gevalle engele met aardse vrouens. Tog het die Here hom bewaar en was Noag in staat om die ark te bou. Die ark wat hom en sy gesin, ja selfs die mensdom se toekoms verseker het teen God se toorn wat aan die kom was. Vandag leef ons in ‘n soortgelyke tydperk van geweld. Mense wat jou lewe kan neem in ‘n oogwink met moderne wapens. Daar is geen skuilplek waar jy veilig is nie, behalwe by Here nie.
PSALMS 91: AFR53
[1] HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige…….
Redding is in wandeling met God, soos in die geval van Noag, Henog, David en baie ander. As ons na die omstandighede kyk sal ons faal, bedruk raak, benoud wees, swaarkry, moed verloor. Laat die fokus van jou lewe jou Christus wees, Sy voorbeed as maatstaf.
Hou moed en hou koers agter Hom aan. Hy is jou leidsman en toekoms. Die lewe rondom ons is aan die verval, maar ons stap ‘n pad van oorwinning, soos Noag in ‘n tyd van duisternis. Wees versterk deur die wete.
Genade en Vrede vir jou.
David