Goeiedag
Tema: Oog tot oog
Ware vriendskap word gekenmerk deur vertroue, lojaliteit, respek en omgee. Hierdie eienskappe bring mee dat daar ‘n vrymoedigheid is met mekaar, om ook sensitiewe sake te bespreek . Soos die Woord sê:
SPREUKE 27:5-6, 9, 11 AFR53
[5] Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. [6] Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.
[9] Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van ‘n vriend vanweë welgemeende raad.
[11] Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
Uit die lewe van Job sien ons vriende wat nie geskroom het om hom te kritiseer en sy aksies te bevraagteken nie. Let daarop dat sy vriende hom nie in stilte verwerp en net in die agtergrond verdwyn het nie. Maar hulle het genoeg omgegee het om hom te probeer help toe hy teëspoed gekry het. Is dit nie die algemene belewenis dat net jou egte vriende by jou bly as teëspoed jou tref nie?
Uit die lewe van Dawid en Jonathan is dit duidelik dat vriendskap selfs meer kan weeg as familie bande.
In teenstelling met ‘n mens se instink om ander se privaatheid te respekteer en hoflik en onbetrokke in dieper sake te wees, leer gemelde Skrifte ons ‘n ander benadering.
[5]; Dit is aanvaarbaar om in liefde, openlik tereg te wys.
[6]; Soms kan jou tergwysing verwond maar dit is beter as die soene van jou vyand.
[9]; Raad wat gegee word met goeie bedoeling is so welkom soos luuksheid en oorvloed.
[11]; ‘n Omgee mens se hartsbegeerte is dat ander in wysheid sal optree, veral hulle wat na aan die hart is. Dwaasheid kan met positiewe resultate weerlê word.
Het jy genoeg liefde om jou vriend volgens die gemelde Skrifte te nader?
Dit is altyd wys om net te vra of jy iets persoonlik mag vra of sê voordat jy jou hart spreek. Vriende wat genoeg omgee om jou in die oë te kyk en te help is uiters kosbaar. Waardeur hul as jy het en word self ook ao n vriend.
Genade en Vrede vir jou.
David