Goeiedag.
Tema: ‘n Tuiste
Om deel van ‘n huis of ‘n gesin te wees, beteken nie noodwendig dat dit as ‘n tuiste ervaar sal word nie. Om ‘n tuiste te ervaar kom nie vanselfsprekend nie. Dit hang van behoefte daarna sowel as die welwillendheid van ander om te gee. Oordink die volgende:
SPREUKE 27:7-8, 10 AFR53
[7] ‘n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ‘n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
[8] Soos ‘n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is ‘n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
[10] Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. ‘n Buurman wat naby is, is beter as ‘n broer wat ver is.
Daar is persone wat so vervul is in hulself en omstandighede dat daar nie ruimte is vir ander in hul lewe nie. Hul is versadig in hul siel en, vers [7], en vertrap ander se uitreik na hulle. Sulke mense raak dikwels alleenlopers. Ander weer het so behoefte aan liefde dat hul maklik selfs misbruik word. Hulle het ‘n tuiste in die brëer sin nodig, byvoorbeeld ‘n gesin, goeie kollegas, ‘n gemeente, vriende, ‘n huweliksmaat, ens. Hul word in vers [8], vergelyk met ‘n voël wat verdwaal is. Kwesbaar en blootgestel sonder eie heskerming wat intimiteit bring
Die Woord waarsku, in vers [10], om nie jou te vervreem van jou gesin se breë vriende kring nie. Dit is hulle wat aan jou verbind is op n vlak wat nie logies is nie. Sulke vriendskappe het die toets van tyd deurstaan en is waarskynlik ewig. Dit is kosbaarder as fyn goud en is n skat in die lewe. Hulle is nader as jiu algemene familie. Staatmakers in tye van nood.
Dit is wys om in tuistes te inversteer. Dit geld vir alle areas in die lewe. Geestelik, gesin, finansieel, vriende, samelewing, ens. Dit vereis tyd, vertroue, finansies. Jou tuistes kan verander met tyd , soos vriende wat afsterwe. Soos mens ouer word vind jy dat sekere tuistes jou ontneem word deurdat vreemdelinge wat anders as jy dink in beheer kom. Beweeg dan maar aan na ‘n ander plekkie in die son, maar bou tuistes.
Genade en Vrede vir jou.
David