Goeiedag.
Tema: Die Kontras
Vir elke omstandigheid in die lewe is daar ‘n oorsaak, goed sowel as sleg. Kyk na die kontras van omstandighede in die volgende twee dele uit die Woord:
PSALMS 89:15-16 AFR53
[15] Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit. [16] Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o Here, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Hulle wat onder ‘n volk woon wat die Here se voorskrifte en raad volg en eer het voorspoed en vreugde. Hul lewe is geseend en hul woon in vrede en veiligheid. Hul bou n nasie en nageslag op wat geeërd is en n toekoms het.
Die teenoorgestelde geld vir n land of volk waar ongeregtigheid heers:
SPREUKE 28:2, 4-5 AFR53
[2] Deur die oortreding van ‘n land word sy vorste baie, maar deur ‘n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.
[4] Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.
[5] Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die Here soek, verstaan alles.
Vers [4] is makliker verstaanbaar met die volgende vertaling:
Proverbs 28:2 GW
[2] When a country is in revolt, it has many rulers, but only with a person who has understanding and knowledge will it last a long time.
Waar kom onrus en rebellie vandaan, is dit nie uit nood waar mense verdrukking en gebrek beleef nie? Oral waar geheers word uit nie Bybelse beginsels is verval. Dit begin by morele verval, die verval van die gesin, die ekonomie, die staat, die reg en so sny die afwaartse spiraal van armoede en ellende al dieper. Daar is geen keer daaraan nie want dit is nie normale verloop van die wêreld. Lees maar net die geskiedenis boeke om hierdie periodieke verval te sien. Beskawings kom en gaan maar dwarsdeur die eeue het die gelowiges wat waarlik in Christus glo, staande gebly. Hulle is in hierdie wêreld maar nie van hierdie wêreld nie. Hul oë is nie gerig op die aardse omstandighede nie maar op Christus die voleinder van ons geloof (Hebreers 12:2). Daarom kan elkeen wat aan Hom behoort in oorwinning lewe.
Genade en Vrede vir jou
David