Goeiedag.
Tema: Uitnemend
Dit is ‘n onreg aan die mensdom dat die samelewing gefokus is op wenners en presteerders. Die maatstaf is blink, ryk, oordaad, beste, mooiste, sterkste en ander waardes wat net tydelik en kortstondig is. Dieper fondament van standvastigheid wat ‘n samelewing onderhou en bou word dikwels mis gekyk. Die Jan alleman wat ‘n gesin versorg, opbou, onderrrig, opvoed word nie genoeg erken nie. Hulle word as vanselfsprekend beskou. Op manne en vroue wat dag na dag kromstaan onder die eise van die lewe word ‘n volk gebou.
SPREUKE 28:6-9
[6] Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is. [7] Wie die wet bewaar, is ‘n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.
Hierdie verse maak ‘n sterk saak uit vir die voordeel van ‘n verstandige regverdige lewe. Indien mens so lewe is daar voorspoed in, ongeag jou geloofsoortuiging. Wanneer die mens egter Christus volg kom daar ‘n nuwe dimensie by wat tot uitnemendheid lei. Jesus se eie woorde :
JOHANNES 14:12 AFR53
[12] Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Gewone gelowiges wat bemagtig word in Christus tot bo menslike dade waarin ons SY voorbeeld kan volg. Dit klink vreemd maar besef jy die krag wat aan jou gegee is in byvoorbeeld gebed?
MATTHÉÜS 18:18 AFR53
[18] Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
As jy twyfel aan die belofte kyk maar net uit vir getuies van genesing, tornados wat gestop is, hael wat afgeweer is, droogtes wat gebreek is, en oneindig baie ander. Dit is sulke diens wat gelowiges uitnemend maak bo die tydelike aardse waardes. Daar is nog verskeie geestes gawes wat die Here gee vir diens aan die heiliges. Daar is te veel verwysings om te noem. Al hierdie geskenke kom uit die hand van die Here aan hulle wat in geregtigheid leef.
Genade en Vrede vir jou.
David