Goeiedag.
Tema: Angs
Jesus profeteer in Lukas van ‘n tyd wanneer mense sal beswyk as gevolg van angs;
LUKAS 21:25-26
[25] EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde, benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, [26] en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
Ons lewe in ‘n tyd van onsekerheid wat almal raak. Veranderende omstandighede ekonomies, tegnologies, polities, klimaat, geloof en ander raak almal se lewens. Ons leef in ‘n tyd waar persoonlike vryheid al minder word. Die staat het al jou persoonlike inligting soos inkomste, bates, bank besonderhede, verblyf plek, biometrie, niks is meer verberg nie. Die tegnologie is volwasse om die groot verdrukking, waarvan die Bybel praat, te implementeer waar niemand kan koop en verkoop sonder goedkeuring nie. As mens daaroor dink is dit genoegsame rede tot angs. Die mate waartoe dit jou raak word seker bepaal uit die hoek waarvan jy dit bekyk. Baie verkies om blindelings voort te gaan , ander probeer voorberei vir die moeilike tye wat kom. Ander leef in vrees wat dikwels ongegrond is, wat veral sigbaar is in die sosiale media. Spreuke gee n ander uitkyk op die saak:
Spreuke 28:1 AFR20
[1] ‘n Goddelose vlug sonder dat iemand hom agtervolg, maar regverdiges is vol vertroue, soos ‘n jong leeu.
Dit is seker logies om te redeneer dat, omdat niemand die dag en datum van ellende ken nie, dit nie help om angstig te word nie. Dit kan egter nie uit eie krag gedoen word nie soos Salamo dit duidelilk stel. Die regverdiges se vertroue is in die Here daarom is hul vol vertroue en versekering. Daar is verskeie beloftes dat HY ons bewaader is, soos:
JESAJA 41:10 AFR53
[10] Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
Hierdie belofte is kragtiger as jou omstandighede want dit is deur die Skepper gemaak. Hou moed.
Genade en Vrede vir jou
David